Kultuur wat kook
Die skool skakel aktief in by Orania se kultuurkalender wat die Afrikaner se eie kultuurdae gedenk. Skoolkonserte en ‘n aktiewe kultuurvereniging vorm alles deel van die skool se kultuurprogram.
Orania CVO-skool bied verskeie kultuuraktiwiteite aan, waarvan die jaarlikse kultuurfees sekerlik ‘n hoogtepunt is. Leerlinge wat kwalifiseer neem dan ook deel aan ‘n provinsiale en nasionale kultuurfees. Verskeie kultuurtoere word jaarliks deur die skool onderneem. ‘n Buitelugskool vir Graad 6-leerlinge vind jaarliks in Februarie plaas.
Me Christelle Venter is die skool se kultuurorganiseerder. E-posadres: christelle.venter2@gmail.com
© 2019 oraniacvo.co.za - All rights reserved | Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999
