Sport

Orania CVO beplan self byeenkomste op interhuisvlak, maar die BCVO-Sportraad reël en koördineer sportaktiwiteite op streeks- en landswye vlak. Sportaktiwiteite sluit die volgende sportsoorte in; rugby, netbal, atletiek, landloop, swem en tennis. Nuwe sportgeriewe by die skool wat 2 rugbyvelde en 6 netbalbane insluit word eersdaags beplan. Daar word gepoog om aan elke kind die geleentheid te gee om aan sport deel te neem. Hierdie blootstelling gee aan ons leerlinge toegang om op die hoogste vlak deel te neem.

ATLETIEK
‘n Gestruktureerde oefenprogram en kinders wat gedissiplineerd daaraan deelneem, is die wenresep van Orania CVO se atletiek.

Daar word ook van tyd tot tyd afrigtingsklinieke deur spesialiste aangebied om ons atlete te slyp.

In die begin van Januarie word daar afgeskop met ‘n Kleurebyeenkoms op Orania met meer as 300 atlete van verskeie skole wat in 4 Kleurspanne teen mekaar deelneem. ‘n Optog en baie spangees is deel van die tradisie en pret.

Die volgende byeenkoms is die Noordkaap Streeksbyeenkoms in Kimberley in die De Beers Stadion. Hier kwalifiseer atlete om deel te neem aan die BCVO Nasionale Byeenkoms in Sasolburg gedurende einde Maart. Ongeveer 900 atlete neem elke jaar deel.

Ons atlete presteer elke jaar uitstekend en verower etlike goue en silwer medaljes gedurende hierdie byeenkoms.

Verskeie van ons skool se atlete was al die byeenkoms se Victor en Victrix gewees en het verskeie rekords agter hulle name.

‘n Kleuteratletiekbyeenkoms word ook in November vir ons kleuters en peuters aangebied en is baie gewild.

Gesels gerus met ons skool se sportkoördineerder vir meer inligting :
mnr. Hannes Swanepoel    epos : hannes03@live.co.za

RUGBY EN NETBAL
Die rugby- en netbalseisoen skop af in Aprilmaand met proewe en ‘n afrigtingskliniek op Orania waaraan al die Noordkaapskole deelneem.

Noordkaapspanne word gekies wat aan BCVO se Bondedag en Winterspele deelneem.

Ons skool se Noordkaapkleure word tydens ‘n spogaand aan spelers oorhandig. Bakkies Botha het hierdie jaar die oorhandiging gedoen.

Gedurende die afrigtingskliniek word die geleentheid aan alle spelers gebied om te ontwikkel en ook te verbeter in hulle posisies.

By die rugbyspanne word spesialiste soos Hendrik Ras, voormalige Pumaspeler en afrigting van die 0/21 Shimlaspan en Marlize van der Merwe, voormalige internasionale IRB skeidsregter betrek om te help. Daardeur kan elke speler tot sy volle potensiaal ontwikkel word om sy rugbyloopbaan op skool te geniet en uit te leef.

Gedurende die Bondedag speel 4 streke teen mekaar en word Bokkiespanne gekies om later in Julie aan die AVS se Winterweek deel te neem.

Die Noordkaapspanne presteer baie goed gedurende die Winterspele en verskeie netbal- en rugbyspanne het die Winterspele al gewen.

Die 0/16 netbalspan wat deur mev. Marlene van Wyk gebrei word het die Winterspele al die afgelope 5 jaar gewen.

Gedurende verlede jaar se Bokkieweek word Wiehan Nel verkies tot die 0/14 Nasioanle Bokkie Duikerspan wat in die buiteland gaan toer.

Drie van ons skool se leerlinge word ook verkies tot BCVO se 0/16 sewesspan wat aan die AVS Somerweek in Pretoria deel geneem het. Die span reken met groot unies af en eindig 4de in die reeks.

WJ Nel word verkies tot die 0/16 Nasionale Bokkie Presidentspan wat oorsee gaan toer en aan toernooie in Mauritius en Reunion gaan deelneem. Hy word ook genooi om later in die jaar aan die Dallas sewestoernooi in Amerika deel te neem.

Gesels gerus met ons skool se sportkoördineerder vir meer inligting:
mnr. Hannes Swanepoel    epos : hannes03@live.co.za

LANDLOOP
Soos met rugby, netbal en atletiek, het ons skool ook leerlinge wat deelneem aan landloop en skaak.

Die jaarlikse Noordkaapstreeksbyeenkoms vind gedurende Augustus plaas.

Verlede jaar het nege leerlinge Orania CVO-skool verteenwoordig en deurgedring tot BCVO se Nasionale skaak- en landloopbyeenkoms wat op 15 en 16 September in Kleinfontein plaasgevind het en baie goed prestreer.

Hermien Marais het ook ereklere vir landloop verwerf omdat sy twee jaar in ‘n ry die toernooi gewen het. Arnold Oosthuysen was deel van die Noord-Kaap span wat eerste plek by die toernooi gekry het.

Gesels gerus met ons skool se sportkoördineerder vir meer inligting:
mnr. Hannes Swanepoel    epos : hannes03@live.co.za

Kontakbesonderhede

Johan de Klerk (Skoolhoof)

E-pos: skoolhoof@oraniacvo.co.za

Tel: 083 407 1440

 

Willie Nel (Voorsitter)

E-pos: willie@wilcogroep.com

Tel: 082 804 4255

Registrasie Inligting

Orania CVO-skool is ‘n geregistreerde skool by die Departement van Onderwys.

Registrasienommer: 21303 Umalusi

Registrasienommer: SCH005234

© 2019 oraniacvo.co.za - All rights reserved | Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999

Share This