Veels geluk aan ons matrikulante van 2025 wat weer ’n 100% slaagsyfer behaal het.
Orania CVO-skool het ’n ononderbroke rekord van 100% slaagsyfers sedert ons bestaan.
Ons het in 2025, vier en twintig matrikulante gehad en soos nog elke jaar van ons skool se bestaan, het almal geslaag.
Vier en twintig onderskeidings is deur die klas behaal.
Ons klas van 2025 het uitsonderlik goed presteer.
Met 24 leerlinge is dit die grootste klas wat die skool nog gehad het. Hul klasgemiddeld vergelyk met van die beste uitslae wat die skool nog gehad het.
- Jacobus Venter is ons toppresteerder en behaal onderskeidings in drie vakke en slaag met ’n A-gemiddeld.
- Die klas behaal ’n gemiddeld van een onderskeiding per kandidaat.
- 96% van die klas kry toelating tot graadstudie.
- ’n Klasgemiddeld van 65.9% word behaal.
Veels geluk aan ons matrikulante van 2025! Ons is baie trots op julle. Sterkte met julle studies en loopbane wat nou voorlê.


