Kultuur
Mens doen nie kultuur nie – jy LEEF kultuur!
(Elke dag, in alles wat jy aanpak, vandat jy opstaan tot jy weer gaan slaap en ook elke oomblik tussenin!)
Kultuur is buitemuurse aktiwiteite wat jou ontwikkel en vaardighede leer wat jy lewenslank gebruik. By CVO-skool Orania bou kultuur karakter, dit vorm, rond af en berei leerlinge voor vir die lewe. ’n Skoolkultuurprogram wat bestaan uit vyf afdelings, naamlik ’n Kultuurfees (drama en musiek), redenaars, beeldende kuns, literêre werk en Bybelkennis, word jaarliks aangebied.
Die skool skakel ook aktief by Orania se kultuurkalender in wat die Afrikaner se eie kultuurdae gedenk.

In krisistye is kultuur geen luukse nie, maar die hoogste vorm van selfbehoud.
Want kultuur staan vir interne orde, en interne orde is die fondament van alle beskawing.Hennie Aucamp
Kontak gerus ons skool se kultuurkoördineerder, Mej. Cara Tomlinson, vir verdere inligting.