VAKKEUSES
Moderne Klassikale Onderwys by Orania CVO-skool
Orania CVO-skool maak gebruik van ‘n klassikale onderwysstelsel wat pas hou met ‘n vinnig ontwikkelende wêreld. ‘n Puik onderwyserkorps verseker hoë akademiese standaarde, gesonde dissipline en waardestelsel.
Orania CVO-skool handhaaf vir die 32 jaar van sy bestaan nog altyd ‘n 100% matriekslaagsyfer.
Beurse
Daar word gepoog om kwaliteit onderrig aan Afrikanerkinders te lewer teen ‘n bekostigbare tarief.
‘n Beursfonds is beskikbaar vir behoeftige ouers.
Moderne Klassikale Onderwys by Orania CVO-skool
Orania CVO-skool maak gebruik van ‘n klassikale onderwysstelsel wat pas hou met ‘n vinnig ontwikkelende wêreld. ‘n Puik onderwyserkorps verseker hoë akademiese standaarde, gesonde dissipline en waardestelsel.
Beurse
Daar word gepoog om kwaliteit onderrig aan Afrikanerkinders te lewer teen ‘n bekostigbare tarief.
VAKKEUSES VIR 2025
Die Graad 9 leerlinge moet hul vakkeuses doen vir volgende jaar.
‘n Kind moet een uit elk van die volgende groepe kies:
| Akademiese rigting | Besigheidsrigting | |
|---|---|---|
| Groep 1 | • Wiskunde • Wiskundige Geletterdheid | • Wiskunde • Wiskundige Geletterdheid |
| Groep 2 | • Fisiese Wetenskap • Rekenaartoepassingsteg. • Landbouwetenskap • Ekonomie | • Rekenaartoepassingsteg. • Ekonomie |
| Groep 3 | • Lewenswetenskap • Besigheidstudie • Landboubestuurspraktyk | • Besigheidstudie |
| Groep 4 | • Ingenieursgrafika en -Ontwerp • Rekeningkunde • Gasvryheidstudie | • Rekeningkunde |
- Bybel
- Afrikaans
- Engels
- Christelike Lewensoriëntering
Bevorderingsvereistes graad 10 en 11
Om in die Senior Sekondêre Fase bevorder te word, moet ’n leerling
aan die volgende vereistes voldoen:
Om in die Senior Sekondêre Fase bevorder te word, moet ’n leerling aan die volgende vereistes voldoen:
- Leerlinge moet vanaf graad 10 tot 11 jaarliks die verpligte evalueringstake in sewe vakke (Bybelonderrig uitgesluit) voltooi en die nodige bewyse moet in ’n lêer bewaar word.
- Vir promosiedoeleindes moet ’n leerling minstens 40% in Bybelonderrig (BCVO vereiste) behaal.
- Minstens 40% in drie vakke, waarvan een Afrikaans Huistaal is behaal.
- Minstens 30% in drie ander vakke behaal.
- ’n Portefeuljelêer in die een vak wat gedruip is, moet op aanvraag beskikbaar wees. Promosiepunt word saamgestel uit 25% deurlopende evaluering (jaarpunt) en 75% eindeksamen
LET WEL: Leerlinge wat vakke neem waarin ’n praktiese evalueringstaak voorgeskryf is, moet so taak volledig afhandel. Daar moet in elk van die drie jaar tydens die Senior Sekondêre Fase ’n praktiese taak voltooi word.
’n Nul-punt mag nie toegeken word nie. Indien ’n leerling nie ’n punt het vir die praktiese taak of mondeling in die tale nie, sal sodanige leerling nie uitslag van sy/haar matriekpunte ontvang nie en kwalifiseer ook nie vir ’n aanvullingseksamen in die vak nie.
Dit is dus van die uiterste belang dat praktiese werksopdragte met groot sorg betyds voltooi word. Onderwysers moet sorg dat die werksopdrag voor die aanvang van die Rekordeksamen, vir Matrikulante, en voor die einde van die derde kwartaal vir graad 10 en 11, voltooi en ingehandig is.
Minimum vereistes vir Graadstudie: 50% vir Huistaal 50% in 4 vakke (Huistaal ingesluit) 30% in 2 ander vakke.
Minimum vereistes vir Diplomastudie: 40% vir Huistaal 40% in 3 vakke (Dit sluit nie CLO in nie) 30% in 2 ander vakke
Minimum vereistes vir Sertifikaatstudie: 40% in drie vakke waarvan een die Huistaal is. 30% in nog drie vakke waarvan een die Eerste Addisionele taal moet wees.
- Om Wiskunde te kan neem moet jy 60% in gr. 9 verwerf (riglyn)
- Om Rekeningkunde of Fisiese wetenskap te neem, moet Wiskunde geneem word.
- Twee vakke mag in gr. 10 verander word.
- Een vak mag in gr. 11 verander word. ʼn Leerling se finale gr.11-eksamen moet in die vakke wees wat in gr. 12 geneem word.
- Om ʼn agste vak te neem moet ʼn leerling baie goed presteer.
- Daar moet by die groepe van vakkeuse gehou word.