WIE IS ONS?

Deur die geloof

Orania CVO-skool is ‘n onafhanklike skool met ‘n Christelik-Gereformeerde grondslag as hoeksteen. Die uitlewing en uitbouing van die Afrikanerkultuur vorm ‘n integrale deel van die skool. Ouers en professionele onderwysers neem gesamentlik verantwoordelikheid vir die opvoedingstaak. ‘n Opvoedingsraad bestaande uit ouers wat demokraties verkies word en die skoolhoof beheer en bestuur die skool.

Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO)

Orania CVO-skool is ‘n lidskool van die BCVO. Die BCVO lewer ‘n diens aan Orania CVO ten opsigte van onderrigaangeleenthede, onderrigmateriaal, kurrikulumondersteuning en koördineer die sport- en kultuuraktiwiteite van al die CVO-skole in die land.

Ons beskik oor ‘n uiters indrukwekkende Junior Primêre Afdeling. Ons graad 0-3 klasse is geskei van die res van die skool met hulle eie speelterrein en ablusieblok. Hierdie afdeling beskik ook oor twee gr.0 en twee gr.1 klasse.

Die kleuterspeelgroep volg ‘n uitgebreide kurrikulum en differensieer tussen 3-, 4- en 5-jariges. Skoolgereedheidtoetse word jaarliks deur graad 0-leerlinge afgelê.‘n Gesonde basis waar die geestelike, emosionele, fisiese, kreatiewe en intellektuele vaardighede van vroeg af ontwikkel word vorm ‘n integrale deel van ons Junior Primêre Fase se opvoedingsdoelwitte.

Vanaf 1 Maart 2018 is Orania se gewilde dagsorgsentrum, Huppelkind, op die terrein van Orania CVO-skool in ‘n splinternuwe, moderne sentrum. Skakel Esna Schumann by 082 472 0637 of huppelkind@orania.co.za om meer inligting hieroor te bekom.

Ons skool beskik oor netjiese koshuisgeriewe vir seuns en dogters. Die koshuisfasiliteite is op die skool se perseel, met voltydse koshuispersoneel. Die koshuis maak voorsiening vir leerlinge wat naweke in bly. Goeie etes word aangebied en leerlinge van regoor die land het al in ons koshuise tuisgegaan. Alhoewel ‘n huislike atmosfeer geskep word, word gesonde dissipline toegepas. Koshuistariewe is bekostigbaar.

Orania CVO-skool bied rygroepe vanaf Vanderkloof en Hopetown aan. Leerlinge word soggens opgelaai en na die skool vervoer en middae na skool weer teruggeneem. Leerlinge word ook by plase op die roetes opgelaai. Hierdie rygroepe maak dit vir leerlinge moontlik om in ‘n radius van 50km, vanuit die huis skool te gaan.

Skoollied

Deur Orania loop ons die pad van geloof
Soos die bruisend Oranje woestynlande kloof
In die blou lug daarbo wink die ruimtes ons volk
Om ons hoofde te buig voor ons Drie-Enige God

Ons sal werk, ons sal leer, ons sal ywer met lus
Sal bou vir die toekoms met vlam wat nooit blus
En die wêreld sal roem oor die skool wat ons min
Want ons leuse sê:
“Deur die Geloof is Oorwin!”