Sport

Orania CVO beplan self byeenkomste op interhuisvlak, maar die BCVO-Sportraad reël en koördineer sportaktiwiteite op streeks- en landswye vlak.

Sportaktiwiteite sluit die volgende sportsoorte in:

RUGBY

NETBAL

ATLETIEK

LANDLOOP

SWEM

TENNIS

KRIEKET

Nuwe sportgeriewe by die skool wat 2 rugbyvelde en 6 netbalbane is amper afgehandel.

Daar word gepoog om aan elke kind die geleentheid te gee om aan sport deel te neem. Hierdie blootstelling gee aan ons leerlinge toegang om op die hoogste vlak deel te neem.

‘n Gestruktureerde oefenprogram en kinders wat gedissiplineerd daaraan deelneem, is die wenresep van Orania CVO se atletiek.

Daar word ook van tyd tot tyd afrigtingsklinieke deur spesialiste aangebied om ons atlete te slyp.

In die begin van Januarie word daar afgeskop met ‘n Kleurebyeenkoms op Orania met meer as 500 atlete van verskeie skole wat in 4 kleurspanne teen mekaar deelneem. ‘n Optog en baie spangees is deel van die tradisie en pret.

Die volgende byeenkoms is die Noordkaap Streeksbyeenkoms in Bloemfontein by die Vrystaat Stadion. Hier kwalifiseer atlete om deel te neem aan die BCVO Nasionale Byeenkoms in Sasolburg gedurende Maart. Ongeveer 800 atlete neem elke jaar deel.

Ons atlete presteer elke jaar uitstekend en verower etlike goue en silwer medaljes gedurende hierdie byeenkoms.

Verskeie van ons skool se atlete was al die byeenkoms se Victor en Victrix gewees en het verskeie rekords agter hulle name.

‘n Kleuteratletiekbyeenkoms word ook in November vir ons kleuters en peuters aangebied en is baie gewild.

Gesels gerus met ons skool se sportkoördineerder vir meer inligting:

Mnr. Hannes Swanepoel     E-pos: hannes03@live.co.za

Die rugby- en netbalseisoen skop af in Aprilmaand met proewe en ‘n afrigtingskliniek op Orania waaraan al die Noordkaapskole deelneem.

Noordkaapspanne word gekies wat aan BCVO se Bondedag en Winterspele deelneem.

Ons skool se Noordkaapkleure word tydens ‘n spogaand aan spelers oorhandig.

Gedurende die afrigtingskliniek word die geleentheid aan alle spelers gebied om te ontwikkel en ook te verbeter in hulle posisies.

By die rugbyspanne word spesialiste soos Hendrik Ras, voormalige Pumaspeler en afrigting van die 0/21 Shimlaspan en Marlize van der Merwe, voormalige internasionale IRB skeidsregter betrek om te help. Daardeur kan elke speler tot sy volle potensiaal ontwikkel word om sy rugbyloopbaan op skool te geniet en uit te leef. 

Gedurende die Bondedag speel 4 streke teen mekaar en word Bokkiespanne gekies om later in Julie aan die AVS se Winterweek deel te neem.

Die Noordkaapspanne presteer baie goed gedurende die Winterspele en verskeie netbal- en rugbyspanne het die Winterspele al gewen.

Gesels gerus met ons skool se sportkoördineerder vir meer inligting:

Mnr. Hannes Swanepoel     E-pos: hannes03@live.co.za

Soos met rugby, netbal en atletiek, het ons skool ook leerlinge wat deelneem aan landloop en skaak.

Die jaarlikse Noordkaapstreeksbyeenkoms  vind gedurende Augustus plaas.

Gesels gerus met ons skool se sportkoördineerder vir meer inligting:

Mnr. Hannes Swanepoel     E-pos: hannes03@live.co.za