Die Opvoedingsraad
Die Opvoedingsraad word jaarliks op die Algemene Jaarvergadering van die skool verkies in terme van die skool se grondwet en/of Akte van Oprigting. Die Opvoedingsraad verteenwoordig die ouers.
Die Opvoedingsraad is primêr ‘n beleidsbepalende, toesighoudende en bekragtigende liggaam wat sy uitvoerende take delegeer, eerstens aan die Kampusrektor, Skoolhoof, Bedryfsbestuurder en sy personeel en daarna aan sy onderskeie taakspanne, asook ander kundige persone.
Opvoedingsraad

Willie Nel
Voorsitter
Eienaar en Uitvoerende Hoof van die Wilco Groep in Orania. Reeds vyftien jaar betrokke by Orania CVO-skool. Neem strategiese leiding by die skool as voorsitter van die opvoedingsraad en die dagbestuur en is verantwoordelik vir alle nuwe projekte.

Wouter Schutte
Ondervoorsitter:
Prokureur by Schutte Prokureurs in Orania en Hopetown. Voorsitter van die skool se dissiplinêre komitee.

Loutjie Steyn
Boer in die distrikte van Hopetown en Orania. Voorsitter van die Mielieprojek waardeur fondse vir die ontwikkeling van veral nuw

Cobus Nel
Boer van Orania en betrokke by instandhouding van die skoolterrein en by die Mielieprojek.

Jaco Kleynhans
Hoof van Internasionale Skakeling vir die Solidariteit Beweging. Voorsitter van die skool se Bemarkingskomitee.

Rian de Wet
Boer van Orania en betrokke by skakeling met ouers van buite Orania en lid van die Mielieprojek.

Frans de Klerk
Uitvoerende Hoof van die Orania Dorpsraad. Voorsitter van die skool se Finansiële Komitee.

Yolanda Nel
Hoof van bemarking by die Wilco Groep en verantwoordelik vir die organisering van skoolfunksies en spyseniering.

Danie van Wyk
Boer van Orania en betrokke by landbouprojekte vir die skool soos die Mielieprojek.

L’lize Janse van Rensburg
Sakevrou van Orania en betrokke by die bemarking en fondsinsamelingsprojekte van die skool.
© 2019 oraniacvo.co.za - All rights reserved | Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999
