Beeldende kuns
- Beeldende kuns vind net op een vlak plaas – nasionale beoordeling op een of twee sentrale plekke.
- Leerlinge van graad 0–12 kan hiervoor inskryf.
- Leerlinge mag in totaal vier (4) Beeldende kuns-stukke inskryf – waarvan twee fotografie mag wees.
- Leerlinge kan vir die volgende kategorieë inskryf:
- Skone kunste (Prente/Sketse/Tekenwerk/Verfwerk)
- Gemengde media (Tekenwerk met plakwerk)
- Beeldhouwerk
- Fotografie
- Vlytwerk (Mosaïek/“Paper mache”/Tokreen, ens.) By vlytwerk mag nie meer as 10% voorafvervaardigde “goedjies” wees nie.
- Slegs een inskrywing per tema, maar meer as een inskrywing per kategorie word toegelaat.
- Punte vir erekleure word slegs toegeken aan leerlinge wat twee of meer kunswerke inskryf en uitsonderlike goeie prestasies (bo 85%) behaal.
- Toegelate groottes vir kunswerke:
- Maksimum grootte
- 2D – A2 (420 mm x 594 mm)
- 3D – (500 mm x 500 mm x 500 mm)
- Minimum grootte
- 2D – A5 (148 mm x 210 mm)
- Leerling se kunswerk moet heel regs onder in die hoek die voorletter(s) van die leerling en die datum (jaartal) in dieselfde medium as die kunswerk self bevat.
Beeldende kunstemas: word aan die einde van die jaar vir die volgende jaar deurgegee.