OppiHoef (Kultuurfonds)

Ons kultuurprojek “OppiHoef” laat

kultuur by CVO-skool Orania kook.

OppiHoef is ’n inisiatief van kultuurouers by Orania CVO-skool met die oog op uitbreiding en instandhouding van Afrikanerkultuur en ons taal, Afrikaans.

Deelnemers aan “OppiHoef” staan ’n kans om groot pryse te wen!

OppiHoef is ’n vee-fondsinsamelingprojek vir Afrikanerkultuur en Afrikaans.

Ons kultuurprojek “OppiHoef” laat kultuur by CVO-skool Orania kook.

OppiHoef is ’n inisiatief van kultuurouers by Orania CVO-skool met die oog op uitbreiding en instandhouding van Afrikanerkultuur en ons taal, Afrikaans.

Deelnemers aan “OppiHoef” staan ’n kans om groot pryse te wen!

OppiHoef is ’n vee-fondsinsamelingprojek vir Afrikanerkultuur en Afrikaans.

OppiHoef-deelnemers kan vir een of meer van die volgende kategorieë inskryf:

Alle vee wat ingeskryf word vir die kompetisie word geslag en die karkaswaarde word geskenk/geborg/gegee vir OppiHoef Kultuurfonds.

Dit is eintlik baie maklik, want jy laat jou vee by jou naaste slagpale slag op die CVO-skool se rekening met jou naam en van as verwysing. (Ons maak ’n CVO-skool kultuurrekening vir jou oop by jou naaste slagpale).

Die slagpale sal die karkasgewig en die hoeveelheid karkasse gelewer deurgee aan OppiHoef se kultuurkomitee.

Waarvoor wen ek pryse?

Daar is vyf pryse te wen:

Swaarste Skaapkarkas

(in gewig)

Jeffreysbaai-naweek

3 nagte vir ’n gesin

Swaarste beeskarkas

(in gewig)

Wildman-koopbewys

R5 000

Swaarste wildskarkas

(in gewig)

Gratis naweek by

Aan die Oewer – Orania

Meeste hoewe geskenk

(oor al die kategorieë)

4 kaartjies na

Afrikaans is groot

Grootste inkomste

(alle kategorieë + kontantborge)

Nampo 2026 wegbreek

Toegang + verblyf vir 2
vir 2 dae

Waarvoor word die fondse aangewend?

Bevordering van Afrikanerkultuur en Afrikaans

BYBELKENNISEKSAMENS

REDENAARS

Kultuurfees

(drama, sang, musiek)

BEELDENDE KUNS

Literêre werk (opstelle, poësie, kortverhale, koerantberigte)