Besoek aan Bo-Karoo Opleiding

Een van ons skool se vriendskapsinstellings in Orania is Bo-Karoo Opleiding, ’n naskoolse opleidingsinstelling wat verskeie kwalifikasies aanbied. Ons Graad 11- en 12-leerlinge het onlangs BKO besoek om uit te vind watter kursusse alles daar aangebied word.