Die jaarlikse Bokkieweek-toernooi het tydens die wintervakansie in Naboomspruit plaasgevind. Van ons skool het 25 rugby- en netbalspelers deel uitgemaak van BCVO se Bokkieweek-spanne. Die BCVO het ook ‘n uitstekende Bokkieweek gehad. Ons o/13-rugbyspan het vir die eerste keer ooit in die Bokkieweekfinaal gespeel. Baie geluk aan al die spelers, afrigters, spanbestuurders, ouers, skole en BCVO met hierdie mooi prestasie.





