Orania CVO-skool het vanoggend ons nuwe hoof, Mev. Susan Niewoudt, by ons skool verwelkom. ‘n Plegtige geleentheid by die gemeenskapsaal het die verrigtinge vanoggend afgeskop. Ouers, hoofleiers, ons opvoedingsraad, onderwysers en leerlinge het haar afsonderlik welkom geheet, waar Mevrou Niewoudt ook haar intredingstoespraak gelewer het.
By die skool het die leerlinge ‘n erewag gestaan, terwyl Kwassie die Dassie saam met die trotse, nuwe skoolhoof na die skoolklok gestap het. Mevrou Niewoudt het die skoolklok gelui om haar amptelik by ons Orania CVO-familie in te lyf, waarop die leerlinge met die Dassiekreet geantwoord het.
Mevrou Niewoudt, ons is baie opgewonde om u in ons skoolgemeenskap te verwelkom en ons sien uit daarna om saam te bou!




