Spilpuntprojek

Kyk net hoe mooi groei die skool se koring! Dankie aan Theuns Aucamp en almal anders wat hard werk aan ons Spilpuntprojek wat natuurlik ‘n baie belangrike fondsinsamelingsprojek vir ons skool is. Ons skool huur twee klein spilpunte buite die dorp en vrywilligers help elke seisoen om dit met mielies en koring te plant.