Twee van ons skool se leerlinge, Mígael Murphy (Graad 9) en Maritz Murphy (Graad 8) het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp Kampioenskap te Hoekwil, George.
Mígael:
Behaal ‘n eerste plek in die o/15-afdeling en stap weg as die nuwe Suid-Afrikaanse kampioen.
Maritz:
Neem deel aan die o/15-afdeling in sy o/14-jaar en mis die Top 10 met ‘n paar sekondes.






